Minimumloon: Vakbondleier sê nie-nakoming frustreer

Loading player...
Die minimumloon het reeds op 1 Januarie gestyg. Vir 2026 verdien huishoudelike werkers 15 Namibiese dollar per uur, landbouwerkers 14 dollar per uur en sekuriteitswerkers 16 dollar per uur, wat almal progressief beweeg na die standaard van 18 dollar per uur in 2027. Maar daar is uitdagings. Volgens die Namibiese Nasionale Werkers-unie se sekretaris-generaal, Job Muniaro, ontvang hulle steeds klagtes van sekuriteitsbeamptes wat net 5 dollar per uur betaal word. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is gelykstaande aan koloniale praktyke.
13 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Seven Seaters' Association verwelkom tydelike permitte

Sewesitplekbestuurders sal nou tydelike permitte kry namate owerhede optree om langdurige permitvertragings aan te spreek. Die besluit volg op 'n vergadering Maandag tussen operateurs en die vervoerminister, Veikko Nekundi. Die sekretaris van die Seven Seaters' Association, Pablo Benjamin, sê die tydelike permit is 'n werkbare oplossing.
13 Jan 8AM 1 min

Minnesota vat Trump-administrasie hof toe oor Ice

Die Amerikaanse staat Minnesota het die Trump-administrasie gedagvaar in 'n poging om 'n toestroming van federale immigrasie-agente, of Ice, na die staat te keer. Die regsgeding voer aan die ontplooiing kom neer op 'n ongrondwetlike federale inval. Minnesota se prokureur-generaal, Keith Ellison, sê immigrasie-operasies het miljoene mense se lewens omvergewerp,…
13 Jan 8AM 1 min

Ongebruikte grond by Dordabis bekommer aktivis

Shaun Gariseb, die bekende gemeenskapsaktivis, het dit op homself geneem om 'n grondoudit landswyd te doen. Gariseb is tans in Dordabis en fokus daarop om met gemeenskapslede te praat en om grond te assesseer wat nie in gebruik is nie, sowel as grond van die Khomanin voorvaders. Kosmos 94.1 Nuus…
13 Jan 7AM 1 min

Werklike SA matriek slaagsyfer veel laer as 88%: BOSA

Build One South Africa sê die algehele slaagsyfer van 88-persent vir die matrieks van 2025 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens is misleidend. Die slaagsyfer is ietwat van 'n verbetering van die 2024-jaargroep, wat 87,3-persent behaal het. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die werklike matriekslaagsyfer is 'n baie laer 54,7-persent, wat…
13 Jan 7AM 1 min

DA spreek kommer oor skoolverlaters en sekere vakke uit

Die DA sê hy verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se eerlike en bewysgebaseerde ontleding van dit wat die matriekuitslae oor die onderwysstelsel sê. Die matriekklas van 2025 het ʼn slaagsyfer van 88-persent behaal wat die hoogste in die land se Nasionale Senior Sertifikaat se geskiedenis is. Nazley…
13 Jan 5AM 1 min