Dinsdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 32
U het my skuld vergewe
1'n Gedig van Dawid.
Dit gaan goed met die mens
wie se oortredings nie gestraf word nie,
wie se sonde vergewe word.
2Dit gaan goed met die mens
vir wie die Here die oortreding nie toereken nie
en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3Toe ek oor my sonde geswyg het,
het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4U hand het dag en nag swaar op my gedruk,
my krag het opgedroog soos water in somerhitte.
Sela
5Toe het ek my sonde bely,
my oortreding nie weggesteek nie.
Ek het gesê:
“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”
en U het my skuld vergewe.
Sela
6Dit is waarom elke gelowige in 'n tyd van nood tot U bid;
selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.
7U is vir my 'n skuilplek,
U beskerm my teen aanvalle,
U laat my oorwinningsliedere sing.
Sela
8Ek wil jou onderrig
en jou die pad leer wat jy moet volg.
Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
9Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muil
wat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.
10Die goddelose het baie smarte,
maar wie op die Here vertrou,
dié omvou Hy met sy liefde.
11Verbly julle in die Here en juig, regverdiges,
jubel, alle opregtes.
13 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min