Medvedev reken hy kan Aussie Ope wen

Loading player...
Tennis: Die driemalige naaswenner van die Australiese Ope, Daniil Medvedev, sê hy glo met sy huidige spelpeil sal dit moeilik wees om hom vanjaar op Melbourne Park te klop. Die Rus het die Amerikaner Brandon Nakashima gister verslaan op die Brisbane-internasionaal om sy 22ste toer-titel te buit. Medvedev erken egter hy is die buiteperd in Melbourne, met Jannik Sinner en Carlos Alcaraz die oorweldigende gunstelinge:
12 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Só sal klimaat landbou, visserye en ekonomie knou

Dit word toenemend belangrik om die impak van klimaat op die ekonomie te verstaan, aangesien veranderende weerpatrone direk sleutelsektore soos landbou, watervoorsiening, energieproduksie en toerisme raak. Klimaatsgebeurtenisse soos droogtes, vloede en stygende temperature kan oesopbrengste verminder, infrastruktuur beskadig en voorsieningskettings ontwrig, wat uiteindelik ekonomiese groei vertraag en owerheidsbesteding aan rampreaksie…
16 Mar 11AM 1 min

Elektrisiteit-infrastruktuur vervanging kos Kaapstad al R44,5 miljoen

Die Stad Kaapstad sê meer as 44,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand is reeds in die huidige boekjaar bestee aan diefstal en opsetlike beskadiging van elektriese infrastruktuur, en sowat 76,3-miljoen-rand in die vorige boekjaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê brandpunte word waar moontlik gemonitor, en koper word met goedkoper materiaal…
16 Mar 11AM 1 min

Krieketreeks teen Uganda belangrike voorbereiding vir Oman

Namibië se nasionale krieketspan, die Eagles, en ‘n ontwikkelingspan, die Eagles XI, begin dié week 'n reeks van vyf wedstryde teen Uganda by die Namibiese Krieketgronde. Die aksie begin Woensdag met 'n T20-wedstryd tussen die Eagles XI en Uganda, gevolg deur 'n tweede T20-wedstryd Donderdag. Die Eagles en die besoekers…
16 Mar 10AM 1 min

Kubermisdadewet belangrik vir beleggersvertroue, sê kenner

Druk neem toe om die implementering van die Wet op Kubermisdade te bespoedig, met kenners wat waarsku dat sterk digitale wette noodsaaklik is om buitelandse beleggings te beskerm. Tanya Hopker van Meinert Cyber Security het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat internasionaal erkende raamwerke soos Europa se GDPR wys hoe…
16 Mar 10AM 1 min