
NNN se nuwe verlof-magte laat vrae ontstaan
Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om 'n proklamasie te onderteken wat haar die mag gee om verlof vir die Speaker van die Nasionale Vergadering, die Voorsitter van die Nasionale Raad en hul adjunkte goed te keur of te weier, laat vrae ontstaan. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gewaarsku dat die stap kommer kan wek oor die skeiding van magte tussen die uitvoerende gesag, wetgewer en regbank.

