Kapenaars moet water spaar, en dis DA se skuld: GOOD

Loading player...
Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad se onlangse waarskuwings oor lae damvlakke dien as 'n duidelike herinnering aan die stad se geskiedenis van finansiële wanbestuur en mislukte infrastruktuurprojekte onder DA-bewind. Roscoe Palm van GOOD sê terwyl inwoners weereens aangespoor word om water te bespaar, ontduik die stad steeds aanspreeklikheid vir sy swak beplanning en twyfelagtige finansiële besluite:
12 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Huurbeheer nodig om uitbuiting te keer: Kambala

Namate huurinflasie in Namibië die jaar 2025 op hoë vlakke afgesluit het, het die debat rondom huurbeheer weer opgeduik. Teenstanders van huurbeheermaatreëls voer aan dat die instelling van bindende huurplafonne beleggings sal belemmer. AR-parlementslid George Kambala hou egter vol dat huurbeheer bedoel is om huurders teen uitbuiting deur verhuurders te…
12 Jan 9AM 1 min

NNN se nuwe verlof-magte laat vrae ontstaan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om 'n proklamasie te onderteken wat haar die mag gee om verlof vir die Speaker van die Nasionale Vergadering, die Voorsitter van die Nasionale Raad en hul adjunkte goed te keur of te weier, laat vrae ontstaan. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het die…
12 Jan 9AM 1 min

Vroue 'moet geleer word daar is opsies anders as aborsie'

Die nuustste dwelm-konfiskasieverslag van die Namibiese polisie het aangedui dat 36 aborsie pille ook deel van die konfiskerings was. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by teen-aborsie aktivis, dr. Shirley Magazi wat meen vrouens moet opgevoed word dat hulle opsies het wat nie die moord van baba's bevorder nie.
12 Jan 9AM 1 min

DA woedend oor McKenzie wat kunsinskrywing kanselleer

Die DA kritiseer die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se besluit om 'n voorgestelde Suid-Afrikaanse kunswerk vir die 61ste Venesiese Biënnale te kanselleer. Dis glo omdat die inhoud verband hou met die dood van vroue en kinders in Gaza. DA-woordvoerder, Leah Potgieter, sê 'n minister het geen…
12 Jan 8AM 1 min

Fed-hoof Powell kritiseer strafregtelike aanklag

Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Jerome Powell, veroordeel die Departement van Justisie se jongste strafregtelike aanklag, wat verband hou met sy getuienis voor die Senaat se Bank-komitee verlede Junie. Die getuienis het deels betrekking gehad op 'n meerjarige projek om geskiedkundige Federale Reserweraad-kantoorgeboue op te knap. Powell sê…
12 Jan 8AM 1 min