SA-parlement hervat met geldsake

Loading player...
Die Parlement begin hierdie week sy 2026-program met 'n volle sitting deur die twee Huise om Geldwetsontwerpe te oorweeg, terwyl die Ad Hoc-komitee wat bewerings deur Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi ondersoek, ook sy verhore sal hervat. Parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê Dinsdag sal die Nasionale Vergadering die Spesiale Begrotingswetsontwerp, die Aanpassingsbegrotingswetsontwerp, die Wysigingswetsontwerp op Belastingadministrasiewette en die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette oorweeg:
12 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Omusati-landbouproduksie groei goed

Landbouproduksie in die Omusati-streek het in 2025/2026 beduidende vordering getoon, gedryf deur 'n groter fokus op besproeiing en waardetoevoeging van vee. Goewerneur Immanuel Shikongo het in sy streeksrede gesê dat belangrike ontwikkelings insluit massiewe mielie-oeste by die Etunda-besproeiingskema, die konstruksie van 'n groot veevoerkraal en voortgesette beleggings in waterinfrastruktuur.
26 Jun 11AM 1 min

TLU SA verwelkom nuwe BKS beheermaatreëls

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die nuwe bek-en-klouseer-beheermaatreëls en sê dis ʼn stap in die regte rigting. Die Departement van Landbou het ʼn nuwe raamwerk bekendgestel vir ʼn enkele, geïntegreerde nasionale stelsel om bek-en-klouseer-uitbrekings, van opsporing tot herstel, te bestuur. Bennie van Zyl van TLU SA sê enige maatreëls wat…
26 Jun 11AM 1 min

Daar's vordering met sportinfrastruktuur in streke

Adjunk-sportminister Dino Ballotti het vroeër aangekondig dat 200 miljoen Namibiese dollar toegewys is vir sportinfrastruktuur en plaaslike ligas, wat die weg sal baan vir die land om weer internasionale sokkerwedstryde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met sportkommentator Isak Hamata gepraat oor die vordering in die streke.
26 Jun 10AM 1 min

Geestesongesteldhede moenie soos kriminaliteit behandel word

Verskeie gevalle van geestesversteurde pasiënte wat met die gereg gebots het was onlangs in die nuus. In een geval het Andrea Feris haar swaer na bewering met 'n mes aangeval en Giano Seibeb, wat op 30 April naak binne Staatshuis aangetref is, is Donderdag ongeskik verklaar om verhoor te word…
26 Jun 10AM 1 min