
Michela bring hulde aan haar pa, Shorty Costa
Loading player...
Huldeblyke stroom in vir ‘n Okahandja-bekende, Alcino ‘Shorty’ Costa wat op die ouderdom van 84 oorlede in Portugal is. Volgens wat berig word is hy opgeneem in die hospitaal met nierversaking. Costa was ‘n elektrisiën en ‘n alombekende in Namibië wat ‘n groot bydrae tot ons land se kragnetwerk-ontwikkeling gelewer het. Hy het ook ‘n sokkerspan bedryf op Okahandja, op sy eie onkoste. Hy laat sy vrou Sao en dogter Michela agter. Michela het hulde aan haar pa gebring.

