
Rehoboth en dwelms onder die loep
Loading player...
Nadat vyf mense op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem is, is die dorp Rehoboth onder ondersoek geplaas vir dwelmgebruik. Naomi Fisch en haar kêrel, Steven Schneiders, is onder diegene wat aangehou is. Rehoboth inwoners beweer dat dwelmbase en dwelmmisbruik op die dorp floreer. Rehoboth is een van die top dorpe vir dwelmgebruik en -handel, volgens die polisie. Die borgaansoek van Fisch en haar trawante is steeds in die hof. Gemeenskapsaktivis, Manfred Draghoender vra weereens gemeenskapslede moet in groot getalle opruk. Hy spreek ook sy kommer vir die jeug van Rehoboth uit.

