Namcor mik hoog in 2026

Loading player...
Namcor wed op 2026 as die jaar waarin Namibië se energiebeloftes uiteindelik 'n werklikheid word. Dit is terwyl Namcor en sy globale vennote gereed is om die sneller te trek vir die multimiljard-dollar Venus-olieprojek, met die finale beleggingsbesluit wat vroeg in 2026 verwag word. Na jare van waardasie en hoërisiko-eksplorasie, mik Namcor en die operateur TotalEnergies op die eerste helfte van 2026 vir die finale beleggingsbesluit wat tot 150 000 vate olie per dag kan ontsluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Namcor-woordvoerder Paulo Coelho gepraat:
10 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Napha gesels oor impak van VSA-visumverband op bemarking

Die VSA het onlangs ‘n visumverband vir 37 lande, Namibië ingesluit, aangekondig. Die kostes kan tot 250 000 Namibiese dollar beloop, maar dit is net geldig vir toeriste en sakereisigers. Dit kan ‘n reuse impak hê op die plaaslike jagbedryf wat die land in die VSA by sy talle jagskoue…
10 Jan 4AM 1 min

Korridorgroep waarsku oor DRK-roetes

Vervoeroperateurs en logistieke maatskappye wat goedere deur die DRK vervoer, word versoek om waaksaamheid te verhoog. Die Walvisbaai-korridorgroep waarsku oor ontwikkelende operasionele en veiligheidstoestande langs belangrike vervoerroetes. Groepwoordvoerder Maria Paulus sê hulle het verhoogde verkeersopeenhopings en druk by belangrike vragmotorstaanplekke en transitopunte waargeneem, wat soms normale verkeersvloei kan ontwrig.
10 Jan 3AM 1 min

Aandag op eksklusiewe aanbieding van skooluniforms

Die Mededingingskommissie in die buurland sê hulle tree strenger op teen eksklusiewe verskaffingsooreenkomste om skooluniforms en leermateriaal meer bekostigbaar vir ouers te maak. Die kommissie sê sommige skole beperk ouers steeds tot 'n enkele verskaffer, wat pryse opjaag. Mpho Moate van die kommissie dring daarop aan dat skole en beheerliggame…
10 Jan 3AM 1 min

Brande, gure weer, mors met Eskom se netwerk

Eskom sê volgehoue gure weerstoestande, tesame met brande in die Coega-, Humansdorp- en Sarah Baartman-gebiede in die Oos-Kaap, het gelei tot 'n toename in foute in sy verspreidingsnetwerk. Die woordvoerder, Aubrey Sambo, sê Eskom-spanne gaan voort om kragtoevoer veilig en doeltreffend in die betrokke gebiede te herstel, terwyl die veiligheid…
10 Jan 1AM 1 min