ANC-jeugliga boos vir Mantashe

Loading player...
Die ANC-jeugliga se president, Collen Malatjie, is die jongste politieke leier wat die party se voorsitter, Gwede Mantashe, in die openbaar kritiseer na sy omstrede opmerkings oor werkloosheid. Mantashe het onlangs gesê werklose jong Suid-Afrikaners is oorafhanklik van die regering om werk te verskaf in plaas daarvan om self werk te soek. Malatjie sê die ANC het nie onverantwoordelike leiers nodig nie:
9 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Só sal klimaat landbou, visserye en ekonomie knou

Dit word toenemend belangrik om die impak van klimaat op die ekonomie te verstaan, aangesien veranderende weerpatrone direk sleutelsektore soos landbou, watervoorsiening, energieproduksie en toerisme raak. Klimaatsgebeurtenisse soos droogtes, vloede en stygende temperature kan oesopbrengste verminder, infrastruktuur beskadig en voorsieningskettings ontwrig, wat uiteindelik ekonomiese groei vertraag en owerheidsbesteding aan rampreaksie…
16 Mar 11AM 1 min

Elektrisiteit-infrastruktuur vervanging kos Kaapstad al R44,5 miljoen

Die Stad Kaapstad sê meer as 44,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand is reeds in die huidige boekjaar bestee aan diefstal en opsetlike beskadiging van elektriese infrastruktuur, en sowat 76,3-miljoen-rand in die vorige boekjaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê brandpunte word waar moontlik gemonitor, en koper word met goedkoper materiaal…
16 Mar 11AM 1 min

Krieketreeks teen Uganda belangrike voorbereiding vir Oman

Namibië se nasionale krieketspan, die Eagles, en ‘n ontwikkelingspan, die Eagles XI, begin dié week 'n reeks van vyf wedstryde teen Uganda by die Namibiese Krieketgronde. Die aksie begin Woensdag met 'n T20-wedstryd tussen die Eagles XI en Uganda, gevolg deur 'n tweede T20-wedstryd Donderdag. Die Eagles en die besoekers…
16 Mar 10AM 1 min

Kubermisdadewet belangrik vir beleggersvertroue, sê kenner

Druk neem toe om die implementering van die Wet op Kubermisdade te bespoedig, met kenners wat waarsku dat sterk digitale wette noodsaaklik is om buitelandse beleggings te beskerm. Tanya Hopker van Meinert Cyber Security het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat internasionaal erkende raamwerke soos Europa se GDPR wys hoe…
16 Mar 10AM 1 min