Venezuela vra lesse en alliansie-vrye reaksie

Loading player...
Die krisis in Venezuela trek steeds wêreldwye aandag namate vrae oor regering, demokrasie en respek vir internasionale reg toeneem, met lande wat verdeeld is oor hoe om te reageer op president Nicolás Maduro se magsgreep. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê politieke ontleder Ndumba Kamwanyah Namibië se reaksie moet nie deur geopolitiek of ideologiese alliansies gelei word nie, maar deur kernwaardes van vrede, stabiliteit, demokrasie en nakoming van internasionale reg, terwyl daar ook harde lesse geleer moet word uit Venezuela se verswakte instellings en weermag.
5 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vrugteprodusente kan van ontwikkelingskema gebruik maak

Die Namibiese Akkerbouraad nooi belangstellende en potensiële vrugteprodusente reg oor Namibië uit om aansoek te doen vir deelname aan die Vrugtewaardekettingontwikkelingskema. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die uitbreiding van vrugteproduksie te ondersteun deur gesubsidieerde produksiemiddele, kapasiteitsbou en markfasilitering. Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou het…
17 Mar 11AM 1 min

Masemola se 'vrae oor taakmag-ontbinding nie beantwoord'

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê hy het tydens 'n hoëvlakvergadering die redenasie rondom die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde bevraagteken. Hy sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het nie duidelike redes verskaf nie, ondanks kommer van senior amptenare. Masemola voeg by…
17 Mar 11AM 1 min

Nanso juig oor Stad Windhoek se hulp met #LosDieTjoef-veldtog

Nanso se #LosDieTjoef-veldtog is terug, ondersteun deur Stad Windhoek. Volgens Nanso se statistieke kom damprook onder jongmense die meeste in die Khomas- en Erongostreke voor. Hulle het selfs die tendens by laerskole aangeteken. Die Stad Windhoek het al damprook in openbare spasies verbied. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder…
17 Mar 10AM 1 min

LP's vra vir spesifieke wette teen kinderhandel en -uitbuiting

Parlementslede het vandag gevra vir spesifieke wetgewing om kinderhandel en -uitbuiting te bekamp. Dit volg op die hofverskyning Maandag van Selma Daniel op aanklagte van mensehandel, kinderuitbuiting en kinderverwaarlosing. Sy het na bewering 'n 15-jarige Angolese meisie in die Oshiyagaya-dorpie in die Oshana-streek verhandel, en haar aan dwangarbeid, verhongering en…
17 Mar 10AM 1 min