
VSA justisie werk deur duisende Epstein-lêers
Loading player...
Amerika se adjunk-prokureur-generaal, Todd Blanche, sê die departement van justisie sal voortgaan om materiaal uit die duisende lêers wat met die Jeffrey Epstein-ondersoek verband hou en sedert Vrydag vrygestel word, na te gaan en te redigeer. Die departement het ʼn paar nuwe lêers vrygestel, maar ook meer as tien ander wat met Epstein verband hou, van sy webtuiste verwyder. Blanche het in ʼn onderhoud met NBC die besluit verdedig om ʼn foto waarop president Donald Trump is, te verwyder en sê dis om die slagoffers te beskerm:

