Sweisopleidingsentrum open op Swakopmund

Loading player...
Die GSI SLV-sweisopleidingsentrum is amptelik in Swakopmund se industriële gebied geopen. Die sentrum is 'n belangrike stap in die versterking van Namibië se tegniese en industriële vaardigheidsbasis. Dit sal na verwagting 'n sleutelrol speel in die opleiding en sertifisering van sweisers volgens internasionaal erkende standaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met koördineerder Albin Jacobs gepraat.
19 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxibestuurder met R220 000 se boetes in Kaap vasgetrek

Verkeersbeamptes in die Stad Kaapstad het 'n taxibestuurder met uitstaande boetes van meer as 220 000 Suid-Afrikaanse rand naby die N2 in hegtenis geneem. Hy was slegs een van 360 verdagtes wat die stad se wetstoepassingsagentskappe die afgelope week vasgetrek het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê…
17 Mar 11PM 1 min

Trump sê Kent was 'swak' as teenterrorisme-direkteur

Die Trump-administrasie se top-teenterrorisme amptenaar het bedank oor die oorlog in Iran, en het president Donald Trump versoek om van koers te verander. Joe Kent, direkteur van die nasionale teenterrorismesentrum, het in 'n brief op X gesê dat Iran geen onmiddellike bedreiging vir die VSA ingehou het nie en beweer…
17 Mar 11PM 1 min

Vrugteprodusente kan van ontwikkelingskema gebruik maak

Die Namibiese Akkerbouraad nooi belangstellende en potensiële vrugteprodusente reg oor Namibië uit om aansoek te doen vir deelname aan die Vrugtewaardekettingontwikkelingskema. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die uitbreiding van vrugteproduksie te ondersteun deur gesubsidieerde produksiemiddele, kapasiteitsbou en markfasilitering. Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou het…
17 Mar 11AM 1 min

Masemola se 'vrae oor taakmag-ontbinding nie beantwoord'

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê hy het tydens 'n hoëvlakvergadering die redenasie rondom die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde bevraagteken. Hy sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het nie duidelike redes verskaf nie, ondanks kommer van senior amptenare. Masemola voeg by…
17 Mar 11AM 1 min