Brown-skieter dood aangetref

Loading player...
Die verdagte in die Brown Universiteit-skietery, geïdentifiseer as die 48-jarige Claudio Manuel Neves Valente, is dood in 'n stoorfasiliteit in Salem, New Hampshire, gevind. Sy ontdekking volg op 'n vyf dae lange klopjag in verskeie state wat hom nie net aan die Brown Universiteit-tragedie gekoppel het nie, maar ook aan die moord op 'n MIT-professor in Brookline, Massachusetts. Wenke van die publiek en goeie polisiewerk. Die hoof van die Providence polisie, Oscar Perez het met die media gepraat.
19 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxibestuurder met R220 000 se boetes in Kaap vasgetrek

Verkeersbeamptes in die Stad Kaapstad het 'n taxibestuurder met uitstaande boetes van meer as 220 000 Suid-Afrikaanse rand naby die N2 in hegtenis geneem. Hy was slegs een van 360 verdagtes wat die stad se wetstoepassingsagentskappe die afgelope week vasgetrek het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê…
17 Mar 11PM 1 min

Trump sê Kent was 'swak' as teenterrorisme-direkteur

Die Trump-administrasie se top-teenterrorisme amptenaar het bedank oor die oorlog in Iran, en het president Donald Trump versoek om van koers te verander. Joe Kent, direkteur van die nasionale teenterrorismesentrum, het in 'n brief op X gesê dat Iran geen onmiddellike bedreiging vir die VSA ingehou het nie en beweer…
17 Mar 11PM 1 min

Vrugteprodusente kan van ontwikkelingskema gebruik maak

Die Namibiese Akkerbouraad nooi belangstellende en potensiële vrugteprodusente reg oor Namibië uit om aansoek te doen vir deelname aan die Vrugtewaardekettingontwikkelingskema. Hierdie inisiatief is daarop gemik om die uitbreiding van vrugteproduksie te ondersteun deur gesubsidieerde produksiemiddele, kapasiteitsbou en markfasilitering. Gilbert Mulonda, die raad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou het…
17 Mar 11AM 1 min

Masemola se 'vrae oor taakmag-ontbinding nie beantwoord'

Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê hy het tydens 'n hoëvlakvergadering die redenasie rondom die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde bevraagteken. Hy sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het nie duidelike redes verskaf nie, ondanks kommer van senior amptenare. Masemola voeg by…
17 Mar 11AM 1 min