Woord vir Vandag - 28 Jan 2026

Loading player...
Woensdag 28 Januarie
“Hoe kragtig is opregte woorde…” Job 6:25 AFR53
Jou woorde het krag
Hier is twee stories uit die geskiedenis wat illustreer hoe die krag van jou woorde ander kan beïnvloed: 1) Eendag het ‘n altaarseun die priester by ‘n mis in die plattelandse kerk in sy klein dorpie bedien. Die seun, senuweeagtig in sy nuwe rol, het per ongeluk die wynkruik laat val. Die priester het hom hard op die wang geslaan. Toe, met ‘n growwe stem wat die gemeente duidelik kon hoor, het hy geskree: ‘Verlaat die altaar en moenie terugkom nie!’ Daardie seun het Marshall Tito geword, die kommunistiese diktator wat Joego-Slawië dekades lank met wreedheid geregeer het. 2) Eendag het ‘n ander seun in ‘n groot stadskatedraal ‘n biskop by ‘n Sondagmis bedien. Hy het ook per ongeluk die wynkruik laat val. Die biskop het na hom gedraai, maar eerder as om in woede te reageer, het hy saggies met ‘n warm vonkel in sy oë gefluister: ‘Jy gaan eendag ‘n goeie priester wees.’ En hy was. Daardie seun het uiteindelik Aartsbiskop Fulton Sheen geword, wie se weeklikse televisie-preke elke week deur miljoene mense regoor Amerika gekyk is. Jou woorde het die krag om op te bou of af te breek, te verlig of te verwar, vrede te bring of verdeeldheid te veroorsaak. Die ou gesegde: ‘Sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me,’ is eenvoudig nie waar nie. Jou woorde kan seermaak. Hulle kan egter ook selfbeeld bou, vriendskap skep, hoop gee en seën en genesing bring: ‘Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir sy lewe’ (Spreuke 16:24 NLV). Bid dus soos Dawid: ‘Mag die woorde van my mond en die gedagtes van my hart vir U aanneemlik wees, Here, my rots en my Verlosser’ (Psalm 19:15 NLV).
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Aug 2026

“Let us not become weary in doing good, for at the proper time we will reap a harvest if we do not give up.” Galatians 6:9 NIV Keep on keeping on Some of the world’s most successful people were told by so-called experts that they didn’t have what it took…
28 Jul 1 min

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies…
28 Jul 2 min

Word for Today - 30 Aug 2026

“Who is this uncircumcised Philistine?” 1 Samuel 17:26 NKJV Trust your covenant with God Fourteen generations before David fought Goliath, God told Abraham, “I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse” (Genesis 12:3 NIV). Later, God extended this covenant to Abraham’s descendants and inserted…
28 Jul 2 min

Woord vir Vandag - 30 Aug 2026

“…Wie is hierdie onbesnede Filistyn...?” 1 Samuel 17:26 NLV Vertrou in jou verbond met God Veertien geslagte voordat Dawid teen Goliat geveg het, het God vir Abraham gesê: ‘Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek…’ (Genesis 12:3 NLV). Later het God hierdie…
28 Jul 2 min

Word for Today - 29 Aug 2026

“Christ…entered…into heaven…to appear in the presence of God for us.” Hebrews 9:24 NKJV Jesus is in your corner (2) Growing up, many of us had no clue what our parents did forty hours a week. We might have known where they worked, but we weren’t altogether sure what they did…
28 Jul 1 min