Geskenkies is nie net blink pakkies onder die boom nie
Loading player...
Dis amper Kersfees en oral in die winkels en in huise hang daar blinkers en lint en liggies, en die winkels se rakke kreun behoorlik onder die gewig van geskenke. Maar daar’s ’n ander geskenk wat nie in blink geskenkpapier toegedraai kan word nie — een wat nie onder ’n boom geplaas kan word nie en tog is dit een wat ‘n blywende ewigheidswaarde het -
Die geestelike, emosionele en fisiese ontwikkeling van ‘n kind.
By Ons Plek, Solidariteit Helpende Hand se kinderontwikkelingsentrum, kry kindertjies daagliks iets wat groter is as speelgoed: ‘n GELEENTHEID. Of eerder ’n KANS.
’n Kans op veiligheid, liefde, stabiliteit, ‘n toekoms — en dít, liewe luisteraar, is ’n geskenk wat ’n lewe kan verander.
In dié episode van Grenslose Geselsies praat Marisa Engelbrecht met Suzette Oosthuizen, een van die maatskaplike werkers by Helpende Hand.