
Aussies sonder Hazlewood in reeks om die As
Loading player...
Die Australiese snelbouler, Josh Hazlewood, is weens ʼn besering nie beskikbaar vir die res van die reeks om die As nie. Hy het verlede maand sy dyspier seergemaak in Australië se Sheffield Shield-kompetisie. Hazlewood het verlede week nog ʼn terugslag gehad toe hy sy haksening beseer het. Australië loop tans met 2-0 voor teen Engeland in die reeks om die As. Hazlewood sê hy is gefrustreerd omdat hy nie kan speel nie:

