Macron sê Rusland voel sanksies

Loading player...
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê sanksies wat die Europese Unie en Amerika die afgelope maande teen Rusland ingestel het, het tans ʼn groot uitwerking op Rusland se ekonomie. Hy het gister in Downing-straat in Londen met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, Britse eerste minister Keir Starmer, en Duitse kanselier Friedrich Merz beraadslaag. Macron sê druk op Rusland het momentum geskep vir gekoördineerde, diplomatieke gesprekke:
9 Dec 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop besig met herstelwerk voor vakansie

Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond…
11 Dec 12AM 1 min

Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim…
10 Dec 11PM 1 min

Gibeon-boere is sat vir veediefstal

'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
10 Dec 11PM 1 min