Macron sê Rusland voel sanksies

Loading player...
Die Franse president, Emmanuel Macron, sê sanksies wat die Europese Unie en Amerika die afgelope maande teen Rusland ingestel het, het tans ʼn groot uitwerking op Rusland se ekonomie. Hy het gister in Downing-straat in Londen met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, Britse eerste minister Keir Starmer, en Duitse kanselier Friedrich Merz beraadslaag. Macron sê druk op Rusland het momentum geskep vir gekoördineerde, diplomatieke gesprekke:
9 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Outa waarsku oor chaos vir sperdatum vir registrasie van sonkragstelsels

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê verwarring oor Eskom se sperdatum van 31 Maart vir die registrasie van sonkragstelsels verhoed huishoudings om te voldoen. Die organisasie beweer die nutsmaatskappy en sommige munisipaliteite stel duplikaatvereistes in wat verder strek as bestaande wetgewing, koste verhoog en onsekerheid skep. Die uitvoerende hoof van Outa,…
19 Mar 2AM 1 min

Rutte sê oor Navo en Straat van Hormuz

Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê hulle beraadslaag oor maniere om die Straat van Hormuz veilig te heropen. Die seestraat waardeur 20-persent van die wêreld se olie vervoer word, is so te sê gesluit sedert Amerika en Israel se oorlog teen Iran begin het. Dit laat vrese ontstaan oor energievoorrade…
19 Mar 2AM 1 min

Uithou begin vandag aan die kus

Puma Energy Namibia sal vir die tweede agtereenvolgende jaar brandstof borg om die Namibia Endurance Championships te fasiliteer, wat vandag tot Saterdag by Hentiesbaai plaasvind. Vanjaar se geleentheid het 'n rekordinskrywing van 105 perde en hul ruiters van 11 klubs gelok, wat aandui dat die sport groei en al hoe…
19 Mar 1AM 1 min

GOOD verwelkom AirBnB-reëls

Die GOOD-party het die voorgestelde regulasies vir korttermynverhurings deur die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom. Die party sê huurgeld en eiendomspryse in Kaapstad styg vinniger as inkomste, en met 70-persent van die huise in die middestad wat op Airbnb gelys word, is regverdige reëls nodig om inwoners te…
19 Mar 1AM 1 min

Padel ter ondersteuning van rekonstruktiewe chirurgie

Die Nampharm Stigting gaan op 10 April by Liv Padel 'n padeldag hou vir maatskappye ter ondersteuning van kinders met gesigsmisvormings. Spanne betaal 2 500 Namibiese dollar wat aangewend word vir rekonstruktiewe operasies. Inskrywings sluit op 2 April. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ané van der Walt, die stigting se…
19 Mar 1AM 1 min