
Slot verras deur Salah se aanmerking
Loading player...
Liverpool se bestuurder, Arne Slot, ontken dat die situasie met voorspeler Mohamed Salah sy gesag ondermyn. Die Egiptenaar het Saterdag in ʼn skokkende onderhoud beweer die klub het hom in die steek gelaat en sy verhouding met Slot het skade gely. Die bestuurder het Salah vir Liverpool se laaste drie wedstryde op die bank gelaat, en hy is nie ingesluit by die groep wat vandag in die Kampioeneliga teen Inter Milan uitdraf nie. Slot sê hy is verras deur Salah se opmerkings:

