
Tsunami-waarskuwing na 7,6 skudding naby Japan
Loading player...
'n Kragtige aardbewing wat 7,6 op die Richterskaal gemeet het, het in die see naby die noord-oostelike streke van Japan net na 11-uur Maandagaand voorgekom. Tsunami-waarskuwings en ontruimingsbevele is uitgestuur vir inwoners van die Aomori-, Iwati- en Hokkaido-prefekture. Skuddings is in Tokio en bykans die hele Japan gevoel, en beserings is aangemeld. Kernkragsentrales in die omgewing het veiligheidstoetse gedoen. Die waarskuwing is in Engels op die televisiekanaal NHK World-Japan uitgesaai:

