Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê verwarring oor Eskom se sperdatum van 31 Maart vir die registrasie van sonkragstelsels verhoed huishoudings om te voldoen. Die organisasie beweer die nutsmaatskappy en sommige munisipaliteite stel duplikaatvereistes in wat verder strek as bestaande wetgewing, koste verhoog en onsekerheid skep. Die uitvoerende hoof van Outa,…
Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê hulle beraadslaag oor maniere om die Straat van Hormuz veilig te heropen. Die seestraat waardeur 20-persent van die wêreld se olie vervoer word, is so te sê gesluit sedert Amerika en Israel se oorlog teen Iran begin het. Dit laat vrese ontstaan oor energievoorrade…
Puma Energy Namibia sal vir die tweede agtereenvolgende jaar brandstof borg om die Namibia Endurance Championships te fasiliteer, wat vandag tot Saterdag by Hentiesbaai plaasvind. Vanjaar se geleentheid het 'n rekordinskrywing van 105 perde en hul ruiters van 11 klubs gelok, wat aandui dat die sport groei en al hoe…
Die GOOD-party het die voorgestelde regulasies vir korttermynverhurings deur die minister van Toerisme, Patricia de Lille, verwelkom. Die party sê huurgeld en eiendomspryse in Kaapstad styg vinniger as inkomste, en met 70-persent van die huise in die middestad wat op Airbnb gelys word, is regverdige reëls nodig om inwoners te…
Die Nampharm Stigting gaan op 10 April by Liv Padel 'n padeldag hou vir maatskappye ter ondersteuning van kinders met gesigsmisvormings. Spanne betaal 2 500 Namibiese dollar wat aangewend word vir rekonstruktiewe operasies. Inskrywings sluit op 2 April. Kosmos 94.1 Nuus het met Cari-Ané van der Walt, die stigting se…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.