Comey reageer op gunstige uitspraak

Loading player...
Die voormalige FBI direkteur James Comey het gereageer na ʼn Amerikaanse federale regter die strafregtelike aanklagte teen hom en New York se prokureur-generaal, Letitia James, laat vaar het. Die rede is dat die aanklaer, president Donald Trump se prokureur Lindsey Halligan, nie wettig aangestel is nie. Regter Cameron Currie sê Halligan, wat nog nooit ʼn aanklaer in ʼn saak was nie, is nie gemagtig om die aanklagte aan die groot jurie voor te lê nie. Die Justisie-departement sê hy gaan appelleer. Comey sê die vervolging is gebaseer op kwaadwilligheid en onbevoegdheid:
25 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kauandenge registreer Asoli as politieke party

Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, het aangekondig dat die vereniging 'n politieke party geword het hangende 'n formele registrasievoorlegging by die Verkiesingskommissie van Namibië. Asoli sal nou bekend staan as die Asoli Progressiewe Party. Kauandenge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stap gedoen…
20 Mar 11AM 1 min

MotoGP: Marquez wil dié naweek terugbons

Motorsport: Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026…
20 Mar 11AM 1 min

Nekundi sit vereistes vir e-roep taxi-operateurs uiteen

Die vervoer- en inligtingsministeries het met e-roep taxi-operateurs ontmoet. Die operateurs het 56 dae gekry om aan al die vereistes te voldoen om passasiers te kan vervoer. Hulle het kommer uitgespreek oor vertragings in die permitaansoekproses en sê dat dit bestuurders wat van die sektor vir inkomste afhanklik is, negatief…
20 Mar 10AM 1 min

IPC bekommerd oor ongemagtigde besteding, 'ander uitgawes'

Druk is op die Internasionale Betrekkinge en Handel-ministerie geplaas toe IPC-parlementslid Rodney Cloete ernstige rooi vlae in die jongste verslag van die ouditeur-generaal in die parlement uitgelig het. Hy spreek kommer uit oor 39,7 miljoen Namibiese dollar in ongemagtigde besteding en byna 'n halfmiljard dollar wat onder 'n vae "ander…
20 Mar 10AM 1 min