Woord vir Vandag - 27 Des 2025

Loading player...
“en sy gawes en roeping staan onherroeplik vas.” Romeine 11:29 NLV

Is jy verward oor jou roeping? (1)

Indien jy jou roeping bevraagteken, identifiseer die skrywer Diane Paddison twee denkpatrone wat jou gedagtes mag saboteer. 1) Dit gaan alles oor jou. Jou roeping gaan nie oor selfvervulling nie; dit gaan daaroor om jou aan God se wil te onderwerp. Baie mense ervaar bevrediging deur hulle God-gegewe gawes uit te oefen. Dis egter ‘n resultaat van God se wil, nie die doelwit nie. Om God se wil te onderskei, moet jy deur gebed en Bybelstudie jou verhouding met Hom ontwikkel. Jy moet ook verhoudings met jou eweknieë en mentors ontwikkel wat vir jou sal bid en die waarheid in jou lewe sal spreek. 2) As dit ongemaklik is, is dit nie jou roeping nie. Om te weet wat jy veronderstel is om te doen, is dikwels net die begin van ‘n lang, veeleisende reis. Moses se roeping het nie vir hom baie wonderlik gelyk nie. Wat was sy reaksie daarop? ‘Wie is ek dat ek moet gaan?’ Hy het God bevraagteken, maar God het geantwoord: ‘Ek sal by jou wees.’ Tog het Moses aanhou vra: ‘Maar wat as hulle my nie glo nie?’ Selfs toe God hom van wonderbaarlike tekens voorsien het, was dit nie goed genoeg nie. Hy het weer gestry: ‘Maar ek kan nie goed praat nie.’ Moses was duidelik ongemaklik met die taak waarvoor God hom geroep het. Moses het alles probeer om God te oortuig dat hy die verkeerde man vir die werk was. Toe dit nie werk nie, het hy God gevra om iemand anders te stuur! (sien Eksodus 4). Kan jy jouself met Moses vereenselwig? Indien wel, hou die volgende in gedagte: Ongemak beteken nie outomaties dat jy op die verkeerde pad is nie. Die waarheid is dat ongemak gewoonlik groei vooruitgaan.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min