Woord vir Vandag - 19 Des 2025

Loading player...
“…Hulle is maar baie broos wanneer hulle geplant word, maar hulle sal vol krag wees wanneer hulle opgewek word.” 1 Korintiërs 15:43 NLV

Jou nuwe opstandingsliggaam (2)

Ons nuwe liggaam mag dalk ‘n glansende kwaliteit hê. Toe Moses tyd met God deurgebring het, het iets ongewoons met hom gebeur – sy gesig het begin blink (sien Eksodus 34:29). Iets soortgelyks het met Jesus gebeur: ‘En terwyl Hy bid, het die voorkoms van sy gesig verander, en sy klere het skitterend wit geword’ (Lukas 9:29 NLV). In Openbaring 21:23 lees ons dat die hele Nuwe Jerusalem deur die heerlikheid van God en die opgestane Christus verlig sal word. Die Bybel sê ook: ‘Hulle wat ander mense leer, sal skitter soos die naghemel. Hulle wat baie mense lei om regverdig te word, sal vir ewig en altyd soos sterre skyn’ (Daniël 12:3 NLV). ‘Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son skitter in die koninkryk van hulle Vader…’ (Matteus 13:43 NLV). ‘Ons daarteenoor het ons burgerskap in die hemel. Van dáár verwag ons ook die Here Jesus Christus as Redder. Hy sal ons vernederde liggame verander met goddelike heerlikheid, soos sy eie…’ (Filippense 3:20-21 NLV). ‘Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk’ (1 Johannes 3:2 NLV). Een pastoor skryf: ‘Die Here Jesus Christus het deur sy opstanding die betaling, die bewys en die bloudruk van ons eie opstanding voorsien.’ ‘Net soos ons nou ‘n ewebeeld van Adam is, die mens uit die aarde, so sal ons eendag ‘n ewebeeld van Christus wees, die mens uit die hemel’ (1 Korintiërs 15:49 NLV). Jou nuwe opstandingsliggaam gaan in heerlikheid getooi wees!
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min