Mudge: 'Laat Caprivi-12 huis toe gaan'

Loading player...
Die president van die Republikeinse Party van Namibië, Henk Mudge, het ‘n beroep op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om die oorblywende 12 Capriviane kwyt te skeld wat steeds in die tronk is ná hulle skuldig bevind is aan hoogverraad wat spruit uit die opstand in die huidige Zambezistreek in 1999. Dié twaalf, waaronder ‘n sieklike Geoffrey Mwalima, is reeds 26 jaar agter tralies. Mudge het sy versoek tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad gemaak:
23 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kauandenge registreer Asoli as politieke party

Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, het aangekondig dat die vereniging 'n politieke party geword het hangende 'n formele registrasievoorlegging by die Verkiesingskommissie van Namibië. Asoli sal nou bekend staan as die Asoli Progressiewe Party. Kauandenge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stap gedoen…
20 Mar 11AM 1 min

MotoGP: Marquez wil dié naweek terugbons

Motorsport: Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026…
20 Mar 11AM 1 min

Nekundi sit vereistes vir e-roep taxi-operateurs uiteen

Die vervoer- en inligtingsministeries het met e-roep taxi-operateurs ontmoet. Die operateurs het 56 dae gekry om aan al die vereistes te voldoen om passasiers te kan vervoer. Hulle het kommer uitgespreek oor vertragings in die permitaansoekproses en sê dat dit bestuurders wat van die sektor vir inkomste afhanklik is, negatief…
20 Mar 10AM 1 min

IPC bekommerd oor ongemagtigde besteding, 'ander uitgawes'

Druk is op die Internasionale Betrekkinge en Handel-ministerie geplaas toe IPC-parlementslid Rodney Cloete ernstige rooi vlae in die jongste verslag van die ouditeur-generaal in die parlement uitgelig het. Hy spreek kommer uit oor 39,7 miljoen Namibiese dollar in ongemagtigde besteding en byna 'n halfmiljard dollar wat onder 'n vae "ander…
20 Mar 10AM 1 min