G20: SA weier om presidentskap aan 'VSA junior' te oorhandig

Loading player...
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê die oorhandiging van die G20-presidentskap aan Amerika sal waarskynlik later by sy kantore in Pretoria op die gepaste vlak plaasvind. Dit kom ná president Donald Trump verseg het om die beraad by te woon en Washington aangedui het dat hulle slegs 'n chargé d'affaires na die afsluitingseremonie sal stuur. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hulle sal nie toelaat dat die president die G20-presidentskap aan 'n junior amptenaar oorhandig nie:
22 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kauandenge registreer Asoli as politieke party

Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, het aangekondig dat die vereniging 'n politieke party geword het hangende 'n formele registrasievoorlegging by die Verkiesingskommissie van Namibië. Asoli sal nou bekend staan as die Asoli Progressiewe Party. Kauandenge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stap gedoen…
20 Mar 11AM 1 min

MotoGP: Marquez wil dié naweek terugbons

Motorsport: Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026…
20 Mar 11AM 1 min

Nekundi sit vereistes vir e-roep taxi-operateurs uiteen

Die vervoer- en inligtingsministeries het met e-roep taxi-operateurs ontmoet. Die operateurs het 56 dae gekry om aan al die vereistes te voldoen om passasiers te kan vervoer. Hulle het kommer uitgespreek oor vertragings in die permitaansoekproses en sê dat dit bestuurders wat van die sektor vir inkomste afhanklik is, negatief…
20 Mar 10AM 1 min

IPC bekommerd oor ongemagtigde besteding, 'ander uitgawes'

Druk is op die Internasionale Betrekkinge en Handel-ministerie geplaas toe IPC-parlementslid Rodney Cloete ernstige rooi vlae in die jongste verslag van die ouditeur-generaal in die parlement uitgelig het. Hy spreek kommer uit oor 39,7 miljoen Namibiese dollar in ongemagtigde besteding en byna 'n halfmiljard dollar wat onder 'n vae "ander…
20 Mar 10AM 1 min