Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
DIE OPENBARING 22
1Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.
3Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. 4Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees. 5Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.
9 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdagoggend - Past Riaan de Bruyn

DIE OPENBARING 3 20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
13 Jun 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

PSALMS 46 11Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. MARKUS 6 31Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: “Kom…
12 Jun 2AM 12 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

FILIPPENSE 2 Ligdraers in die wêreld 12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God…
10 Jun 2AM 14 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 3 3Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.” ESEGIËL 36 26Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle…
9 Jun 2AM 13 min