G20 moet boodskap stuur dat wêreld met of sonder Amerika kan voortgaan

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die G20-leiersberaad sal selfs in Amerika se afwesigheid ʼn verklaring aanvaar. Hy het gister deelgeneem aan die eerste Bloomberg Africa-sakeberaad in Johannesburg. Amerika boikot die beraad blykbaar oor die vermeende volksmoord op wit Afrikaner-boere in Suid-Afrika. Lamola erken dit gaan nie maklik wees om die beraad se verklaring te aanvaar sonder die wêreld se rykste land nie:
19 Nov 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Artikel 22-komitee stook godsdiensvure in SA

Die voorsitter van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe, Thoko Mkhwanazi-Xaluva, sê die liggaam sal voortgaan om die Artikel 22 ad hoc-komitee te ondersteun en verwerp bewerings dat bestaande wette voldoende is. Die komitee, met die opdrag om godsdienstige en kulturele…
21 Dec 3AM 1 min

Gekaapte geboue toenemend 'n krisis in SA

Chad Thomas van IRS Forensic Investigations sê die verskuiwing van onwettige inwoners uit gekaapte geboue het 'n groeiende krisis geword. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika na die moord op Warrick “DJ Warras” Stock, waarsku Thomas die owerhede weet watter geboue om te teiken, maar versuim om op te tree…
21 Dec 2AM 1 min

Sokker: 'Afcon kan solidariteit bevorder'

Die Soil of Africa-voorspraakbeweging het die Afrikabekertoernooi verwelkom as 'n kragtige platform vir eenheid, vrede en ekonomiese integrasie in Afrika. Die openingseremonie vind vandag plaas. 'n Woordvoerder, King Bongani Ramontja, sê sokker het in die verlede gemeenskappe bymekaar gebring en kan solidariteit op die vasteland bevorder. Hy vra leiers om…
21 Dec 1AM 1 min

SA soek strenger strawwe vir dronkbestuur

Die woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, Simon Zwane, sê strenger strawwe vir dronkbestuur gedurende die feestyd sal 'n rol speel in die vermindering van padsterftes. Meer as 2 000 bestuurders is reeds van die land se paaie verwyder sedert die begin van Desember. Alkohol dra by tot ongeveer 30 persent van…
21 Dec 12AM 1 min

Beesvleispryse skud Suid-Afrikaners se sak

Die Nasionale Landboubemarkingsraad sê beesvleispryse bly hoog hierdie feestyd, gedryf deur hoë aanvraag en bek-en-klouseergevalle. Die raad se ekonoom, Thabile Nkunjana, het aan Newzroom Afrika gesê verminderde slagvoorrade het rooivleispryse skerp opgestoot. Ten spyte van die feit dat inflasie in November tot 3,5 persent gedaal het, het vleispryse op 'n…
20 Dec 11PM 1 min