McKenzie sê dit sal fout wees om Ramaphosa te verwyder

Loading player...
Die leier van die Patriotic Alliance en minister van sport, Gayton McKenzie, sê dit sou 'n groot fout wees van die ANC om president Cyril Ramaphosa te verwyder. Dit volg op toenemende gerugte rondom sy moontlike bedanking ná hierdie naweek se G20-leiersberaad. McKenzie het op Facebook Live gesê inflasie wat op die laagste in jare is en verbeterde werkskepping in die derde kwartaal toon die regering van nasionale eenheid stuur die land in die regte rigting:
18 Nov 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Iran-oorlog: Strategie sal Namibië deur storm stuur, sê NNN

Namibiërs trek vandag van heinde en verre saam om die land se 36ste onafhanklikwording op verskeie plekke te vier. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar onafhanklikheidsboodskap gesê vieringe geskied midde toenemende internasionale konflik, veral Amerika en Israel se oorlog met Iran. Hoewel Namibië se ekonomie verkragtig bly, kan dié konflik…
21 Mar 1AM 1 min

Copps 94.1: Fuif hou wetsbewakers besig

Kuier, en hárd kuier was skynbaar die wagwoord in Windhoek Vrydagaand, waar Copps 94.1 en die Namibiese polisie hul hande vol gehad het met verskeie alkohol-verwante voorvalle. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag:
21 Mar 12AM 1 min

Kauandenge registreer Asoli as politieke party

Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, het aangekondig dat die vereniging 'n politieke party geword het hangende 'n formele registrasievoorlegging by die Verkiesingskommissie van Namibië. Asoli sal nou bekend staan as die Asoli Progressiewe Party. Kauandenge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die stap gedoen…
20 Mar 11AM 1 min

MotoGP: Marquez wil dié naweek terugbons

Motorsport: Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026…
20 Mar 11AM 1 min