Kenner: 10 000 huise jaarliks is nie haalbaar nie

Loading player...
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die minister van stedelike ontwikkeling wat sê dat hy beplan om ten minste 10 000 erwe te diens en 10 000 bekostigbare behuisingseenhede elke jaar te bou onder NDP6 tot 2030. Die lynminister James Sankwasa sê die teiken is 50 000 huise teen 2030. Kosmos 94.1 Nuus het met RDP leier en voormalige Nasionale Behuisingsonderneming se uitvoerende hoof, Mike Kavekotora gepraat wat sê die minister moet weer probeer.
18 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië op 36: Wat dink die jeug?

Namibië vier vandag 36 jaar van onafhanlikheid met baie werk wat nog gedoen moet word in terme van ekonomiese groei en politieke aksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese jongmense gepraat en gevra of hulle dink dat die land ekonomies vry is.
21 Mar 3AM 1 min

SA besweer brandstofvrese

Die departement van minerale en petroleumbronne sê daar is geen rede vir paniekaankope van brandstof in Suid-Afrika nie, aangesien die land se brandstofvoorraad bestendig bly. Die woordvoerder, Lerato Ntsoko, het gereageer op sekere organisasies en individue wat die publiek aanmoedig om na vulstasies te jaag weens 'n vermeende brandstoftekort en…
21 Mar 3AM 1 min

Motorsport: 'Ready, steady, go(-karts)!'

Groot go-kart-aksie vind vandag op die Tony Rust-baan buite Windhoek plaas, wanneer die eerste been van die nasionale kampioenskappe afskop. Altesaam 27 jaers gaan mekaar die stryd aansê. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
21 Mar 3AM 1 min

Iran-oorlog: Strategie sal Namibië deur storm stuur, sê NNN

Namibiërs trek vandag van heinde en verre saam om die land se 36ste onafhanklikwording op verskeie plekke te vier. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar onafhanklikheidsboodskap gesê vieringe geskied midde toenemende internasionale konflik, veral Amerika en Israel se oorlog met Iran. Hoewel Namibië se ekonomie verkragtig bly, kan dié konflik…
21 Mar 1AM 1 min

Copps 94.1: Fuif hou wetsbewakers besig

Kuier, en hárd kuier was skynbaar die wagwoord in Windhoek Vrydagaand, waar Copps 94.1 en die Namibiese polisie hul hande vol gehad het met verskeie alkohol-verwante voorvalle. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag:
21 Mar 12AM 1 min