Gwarube onderneem om boukontrakteurs aanspreeklik te hou

Loading player...
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement sal kontrakteurs wat nie skoolinfrastruktuurprojekte voltooi nie, op ʼn swartlys plaas. Sy het gister oorsigbesoeke gebring aan twee skole in die Oos-Kaap wat met infrastruktuurprobleme sukkel. Volgens ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het byna al die skole wat in die provinsie geëvalueer is beskadigde geboue, puttoilette en geen water- of elektrisiteitsvoorsiening nie. Gwarube sê hulle is daartoe verbind om hierdie probleme te hanteer:
18 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië op 36: Wat dink die jeug?

Namibië vier vandag 36 jaar van onafhanlikheid met baie werk wat nog gedoen moet word in terme van ekonomiese groei en politieke aksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese jongmense gepraat en gevra of hulle dink dat die land ekonomies vry is.
21 Mar 3AM 1 min

SA besweer brandstofvrese

Die departement van minerale en petroleumbronne sê daar is geen rede vir paniekaankope van brandstof in Suid-Afrika nie, aangesien die land se brandstofvoorraad bestendig bly. Die woordvoerder, Lerato Ntsoko, het gereageer op sekere organisasies en individue wat die publiek aanmoedig om na vulstasies te jaag weens 'n vermeende brandstoftekort en…
21 Mar 3AM 1 min

Motorsport: 'Ready, steady, go(-karts)!'

Groot go-kart-aksie vind vandag op die Tony Rust-baan buite Windhoek plaas, wanneer die eerste been van die nasionale kampioenskappe afskop. Altesaam 27 jaers gaan mekaar die stryd aansê. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
21 Mar 3AM 1 min

Iran-oorlog: Strategie sal Namibië deur storm stuur, sê NNN

Namibiërs trek vandag van heinde en verre saam om die land se 36ste onafhanklikwording op verskeie plekke te vier. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar onafhanklikheidsboodskap gesê vieringe geskied midde toenemende internasionale konflik, veral Amerika en Israel se oorlog met Iran. Hoewel Namibië se ekonomie verkragtig bly, kan dié konflik…
21 Mar 1AM 1 min

Copps 94.1: Fuif hou wetsbewakers besig

Kuier, en hárd kuier was skynbaar die wagwoord in Windhoek Vrydagaand, waar Copps 94.1 en die Namibiese polisie hul hande vol gehad het met verskeie alkohol-verwante voorvalle. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was op sy pos en doen verslag:
21 Mar 12AM 1 min