VSA-sluiting: Vlugte sal verder ingeperk word

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Vervoer, Sean Duffy, sê vlugontwrigtings kan aansienlik vererger, en lugdienste kan vlugte afskaf as die regering ingeperk bly. Die Federale Lugvaartadministrasie het gister die verpligte besnoeiings aan vlugte by 40 van die land se grootste lughawens tot 6 persent verhoog, wat gelei het tot die kansellasie van meer as 1 200 vlugte. Die Senaat het Maandag die Korttermyn-befondsingswetsontwerp aanvaar om die regering te heropen, maar dit moet nog deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur word. Duffy sê teen môre sal 8 persent van vlugte gesny word:
12 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandstof gaan werkers laat bloei, maan vakbond

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgers te beskerm teen geweldige brandstofprysstygings vanaf volgende maand. Petrol sal na verwagting met R5,41 per liter styg en diesel met R8,84 per liter. Matthew Parks van Cosatu waarsku hierdie stygings, wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak word, sal werkers…
21 Mar 7AM 1 min

Duisende in SA kry voorvaderlike grond terug

President Cyril Ramaphosa sê die oorhandiging van titelaktes wat 18 000 hektaar grond dek, dui op vordering in die herstel van waardigheid en geregtigheid. Ramaphosa het tydens die geleentheid in Umzimkhulu, KwaZulu-Natal, gesê die 2 800 begunstigdes, insluitend honderde huishoudings met vroue as hoof, besit nou voorvaderlike grond. Ramaphosa het…
21 Mar 5AM 1 min

Fosa: Regering verbloem brandstofkrisis

Die Forum for South Africa het die regering se poging om die publiek gerus te stel oor brandstofvoorsiening verwerp as niks meer as 'n versigtig bewoorde poging om 'n groeiende nasionale krisis te verbloem nie. Fosa-leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners is nie naïef nie. Hy sê die feite skets 'n…
21 Mar 5AM 1 min

Namibië op 36: Wat dink die jeug?

Namibië vier vandag 36 jaar van onafhanlikheid met baie werk wat nog gedoen moet word in terme van ekonomiese groei en politieke aksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese jongmense gepraat en gevra of hulle dink dat die land ekonomies vry is.
21 Mar 3AM 1 min

SA besweer brandstofvrese

Die departement van minerale en petroleumbronne sê daar is geen rede vir paniekaankope van brandstof in Suid-Afrika nie, aangesien die land se brandstofvoorraad bestendig bly. Die woordvoerder, Lerato Ntsoko, het gereageer op sekere organisasies en individue wat die publiek aanmoedig om na vulstasies te jaag weens 'n vermeende brandstoftekort en…
21 Mar 3AM 1 min