Dinsdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
PSALMS 46
God is vir ons 'n toevlug
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied.
2God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
3Daarom is ons nie bang nie,
al gee die aarde pad,
al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
4al druis en skuim die waters van die see,
al skud die berge deur sy onstuimigheid.
Sela
5Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad,
in die heilige woning van die Allerhoogste.
6God is daar; die stad sal nie wankel nie.
God sal hom help nog voor die môre kom.
7Nasies kan raas en koninkryke wankel,
maar as God sy stem laat hoor,
smelt die aarde weg.
8Die Here, die Almagtige, is by ons,
die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.
Sela
9Kom kyk wat die Here gedoen het,
watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring:
10die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou,
pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend,
oorlogswaens verbrand Hy met vuur.
11Bedaar en erken dat Ek God is,
hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.
12Die Here, die Almagtige, is by ons,
die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.
Sela
30 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

LUKAS 9 Om Jesus te volg (Matt. 16:24-28; Mark. 8:34 – 9:1) 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,
28 Oct 2AM 9 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Franko van der Vlies

DIE OPENBARING 4 God sit op die troon 1Hierna het ek, Johannes, in die hemel 'n deur gesien wat oopgemaak is, en die stem, soos die geluid van 'n trompet, wat ek die eerste keer met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal vir jou…
27 Oct 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Kobus Botha

MARKUS 10 Jesus seën die kindertjies (Matt. 19:13-15; Luk. 18:15-17) 13Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas. 14Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My…
25 Oct 1PM 18 min

Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

LUKAS 17 Uitsprake van Jesus (Matt. 18:6-7,21-22; Mark. 9:42) 1Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. 2So 'n mens kan eerder met 'n groot klip aan die nek in…
25 Oct 3AM 24 min