Dinsdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
PSALMS 46
God is vir ons 'n toevlug
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. Op die wysie van “Jong Vroue”. 'n Lied.
2God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
3Daarom is ons nie bang nie,
al gee die aarde pad,
al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
4al druis en skuim die waters van die see,
al skud die berge deur sy onstuimigheid.
Sela
5Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad,
in die heilige woning van die Allerhoogste.
6God is daar; die stad sal nie wankel nie.
God sal hom help nog voor die môre kom.
7Nasies kan raas en koninkryke wankel,
maar as God sy stem laat hoor,
smelt die aarde weg.
8Die Here, die Almagtige, is by ons,
die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.
Sela
9Kom kyk wat die Here gedoen het,
watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring:
10die oorloë oor die hele aarde laat Hy ophou,
pyle en boë verbreek Hy, spiese slaan Hy stukkend,
oorlogswaens verbrand Hy met vuur.
11Bedaar en erken dat Ek God is,
hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.
12Die Here, die Almagtige, is by ons,
die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.
Sela
30 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

EFESIËRS 3 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag…
9 Sep 2AM 11 min