Groenskemas, ECB vergader oor hoë kragrekeninge

Loading player...
Groenskemabestuurders van die Kavango Oos- en Wes-streke vergader hierdie week in Rundu om die stygende koste van elektrisiteit aan te pak. Die werkswinkel, georganiseer deur die Elektrisiteitsbeheerraad, het ten doel om volhoubare tariefoplossings te vind om die energiekostes te verlig wat sowat 'n miljoen dollar per maand uit groenskemas dreineer. Uitvoerende hoof Robert Kahimise sê die doel is om te verhoed dat elektrisiteitskoste voedselproduksie staak.
10 Nov 2025 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Brandstof gaan werkers laat bloei, maan vakbond

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgers te beskerm teen geweldige brandstofprysstygings vanaf volgende maand. Petrol sal na verwagting met R5,41 per liter styg en diesel met R8,84 per liter. Matthew Parks van Cosatu waarsku hierdie stygings, wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak word, sal werkers…
21 Mar 7AM 1 min

Duisende in SA kry voorvaderlike grond terug

President Cyril Ramaphosa sê die oorhandiging van titelaktes wat 18 000 hektaar grond dek, dui op vordering in die herstel van waardigheid en geregtigheid. Ramaphosa het tydens die geleentheid in Umzimkhulu, KwaZulu-Natal, gesê die 2 800 begunstigdes, insluitend honderde huishoudings met vroue as hoof, besit nou voorvaderlike grond. Ramaphosa het…
21 Mar 5AM 1 min

Fosa: Regering verbloem brandstofkrisis

Die Forum for South Africa het die regering se poging om die publiek gerus te stel oor brandstofvoorsiening verwerp as niks meer as 'n versigtig bewoorde poging om 'n groeiende nasionale krisis te verbloem nie. Fosa-leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners is nie naïef nie. Hy sê die feite skets 'n…
21 Mar 5AM 1 min

Namibië op 36: Wat dink die jeug?

Namibië vier vandag 36 jaar van onafhanlikheid met baie werk wat nog gedoen moet word in terme van ekonomiese groei en politieke aksie. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese jongmense gepraat en gevra of hulle dink dat die land ekonomies vry is.
21 Mar 3AM 1 min

SA besweer brandstofvrese

Die departement van minerale en petroleumbronne sê daar is geen rede vir paniekaankope van brandstof in Suid-Afrika nie, aangesien die land se brandstofvoorraad bestendig bly. Die woordvoerder, Lerato Ntsoko, het gereageer op sekere organisasies en individue wat die publiek aanmoedig om na vulstasies te jaag weens 'n vermeende brandstoftekort en…
21 Mar 3AM 1 min