Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

Loading player...
“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV

Moenie te vinnig praat nie

Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral waar wanneer ons vir die beste onderhandel. Om impulsief en te veel te praat is nie tekens van krag nie, maar van swakheid en onsekerheid. Hier is ‘n verhaal wat hierdie punt illustreer: ‘n Jong rekenaarverkoper genaamd Kurt was verheug toe een van sy besigheidskliënte belangstelling begin toon om ‘n gebruikte rekenaarstelsel te koop - een wat Kurt twee jaar gelede geïnstalleer het, maar wat onlangs met nuwe sagteware ‘n opgradering ondergaan het. Ná noukeurige konsultasie met sy hoofkantoor het Kurt ‘n prys van $800,000 vir die gebruikte stelsel vasgestel en al sy redes vir daardie bedrag skriftelik gedokumenteer. Toe hy gaan sit om met sy kliënt te begin onderhandel, het hy ‘n innerlike stem gehoor wat sê: ‘Wag. Laat hulle eerste die praatwerk doen.’ Die kliënt het vinnig die stilte met ‘n lang samevatting van hul eie navorsing oor hierdie spesifieke rekenaarstelsel se sterk- en swakpunte, die ouderdom van die toerusting en die behoefte aan nuwe sagteware, begin vul. ‘Kan jy die opgegradeerde sagteware by die transaksie insluit?’ het een van die kliënt se spanlede gevra. ‘Sekerlik,’ het Kurt geantwoord. Die kliënt het daaroor nagedink en gesê: ‘Ons sal jou $950,000 vir die stelsel gee, maar nie ‘n sent meer nie.’ Minder as ‘n uur later is die papierwerk afgehandel en Kurt het met ‘n baie beter prys as waaroor hy ooit kon droom, weggestap, nadat hy weinig meer as hallo gesê het. Die apostel Jakobus skryf: ‘My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie’ (Jakobus 1:19 NLV).
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min