Woord vir Vandag - 14 Nov 2025

Loading player...
“Die tong het mag oor dood en oor lewe…” Spreuke 18:21 NLV

Spreek ‘lewe’ (1)

Maak seker dat jou woorde met God se Woord ooreenstem en stuur dan jou woorde op die pad waarvolgens jy wil hê jou lewe moet beweeg. Wat sê jy oor jou toekoms? Jou familie? Jou finansies? Jou gesondheid? As jy tans deur ‘n moeilike tyd gaan, moenie net bloot jou woorde gebruik om jou situasie te beskryf nie, gebruik dit om jou situasie te verander. Wanneer dit wat jy sê in lyn is met dit wat God sê, gee jy lewe aan jou geloof. Begin dus om te sê: ‘Ek kan alles deur Christus doen. Ek is geseënd. Ek is sterk. Ek is gesond.’ Wanneer jy so praat, spreek jy seën oor jou lewe uit. Begin om jou woorde in die rigting waarin jy jou lewe wil laat beweeg, te spreek. Miskien is jy teleurgestel. Miskien het ‘n verhouding geëindig. Miskien het jy nie die bevordering gekry nie. In plaas daarvan om te kla en te sê: ‘Wel, wat het ek verwag? Ek wen nooit,’ moet jy eerder verklaar: ‘Ek besef dat wanneer een deur toegaan, God ‘n ander deur oopmaak. Wat veronderstel was om my kwaad aan te doen, sal God ten goede gebruik (sien Genesis 50:20). Ek sal beter hieruit kom as wat ek voorheen was (sien Romeine 8:28). Wat jy oor jouself sê, is belangriker as wat enigiemand anders oor jou sê. Die woorde wat uit jou mond uit gaan, gaan direk in jou ore in en skep uiteindelik dieselfde beeld aan die binnekant. Begin dus God se Woord oor jou situasie spreek. Met ander woorde, spreek ‘lewe.’
7 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min