Verslapping van bepalings van jeugfonds verwelkom

Loading player...
Die regering se besluit om aansoekers van die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds toe te laat om aansoek te doen sonder Bipa-registrasiedokumente, is as 'n positiewe stap verwelkom. Suksesvolle aansoekers sal nou slegs hul Bipa-besigheidsregistrasie hoef te voltooi sodra hul projekte goedgekeur is. Die ouderdomsgrens vir aansoekers is ook van 35 na 45 verhoog. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, gesê dat hierdie veranderinge Namibiërs in al 14 streke 'n beter geleentheid sal gee om voordeel te trek uit die fonds.
3 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oliekrisis gaan uitkring, maan plaaslike kenner

Die oliekrisis weens die konflik in die Midde-Ooste kan ‘n rimpeleffek hê wat veel verder as duurder brandstof in Namibië strek, waarsku Eben De Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra. Verskepingsvertragings kan tot ander produktetekorte lei, sê hy. Pasop ‘n ‘n valse gevoel van sekuriteit, het De Klerk…
22 Mar 6AM 1 min

Motorsport: Márquez het groot planne vir Goiania

Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026. Marquez…
22 Mar 5AM 1 min

Duur brandstof gaan landbou laat verdor

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
22 Mar 4AM 1 min

Yango vat vas oor Namibiese vereistes

Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
22 Mar 3AM 1 min

'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
22 Mar 2AM 1 min