Goudmark het ekonoom opgewonde

Loading player...
Die Wêreldbank het sy middeljaar-goudvoorspelling vrygestel, wat 'n skerp styging van 35 persent jaar-op-jaar in goudpryse vir 2025 voorspel, gedryf deur volgehoue vraag te midde van voortdurende geopolitieke spanning en wêreldwye ekonomiese onsekerheid. Die instelling verwag dat pryse in 2026 effens sal daal namate risiko's begin afneem, maar aansienlik verhoog sal bly – ongeveer 150 persent hoër as die gemiddelde van 2015 tot 2019. Die vooruitsigte beklemtoon goud se voortgesette rol as 'n belangrike veilige hawe-bate in onstuimige tye. Ekonoom Dawie Klopper het aan Kosmos 94.1 gesê hy is opgewonde oor die goudmark:
3 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oliekrisis gaan uitkring, maan plaaslike kenner

Die oliekrisis weens die konflik in die Midde-Ooste kan ‘n rimpeleffek hê wat veel verder as duurder brandstof in Namibië strek, waarsku Eben De Klerk van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra. Verskepingsvertragings kan tot ander produktetekorte lei, sê hy. Pasop ‘n ‘n valse gevoel van sekuriteit, het De Klerk…
22 Mar 6AM 1 min

Motorsport: Márquez het groot planne vir Goiania

Die heersende MotoGP-wêreldkampioen, Marc Márquez, sê hy is van plan om hierdie naweek weer te skitter ná ʼn teleurstellende wedren in Thailand. MotoGP keer hierdie week terug na Goiania vir die eerste Brasiliaanse Grand Prix sedert 1992, en die Ducati-renjaer het sy oog op sy eerste sege van 2026. Marquez…
22 Mar 5AM 1 min

Duur brandstof gaan landbou laat verdor

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die uitwerking van stygende wêreldwye oliepryse word reeds in Suid-Afrika gevoel. Die regering sowel as die Brandstofbedryfvereniging het vroeër herhaal dat Suid-Afrika se brandstofvoorraad tans bestendig bly, sonder enige behoefte aan paniekaankope. TLU SA-woordvoerder Caria van der Merwe sê die stygende wêreldwye oliepryse sal die…
22 Mar 4AM 1 min

Yango vat vas oor Namibiese vereistes

Die Yango-groep se hoof van beleid vir Afrika, Zanyiwe Asare, sê Yango verwag dat bestuurders en vervoervennote sal voldoen aan die riglyne van die vervoerministerie, onder meer verpligte registrasie. Duisende Yango-bestuurders sal na verwagting geraak word. Asare sê dat hulle reeds duisende operateurs van die toep afgehaal het wat nie…
22 Mar 3AM 1 min

'Kinders se geesteswelstand 'n menseregtekrisis'

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters sê dringende optrede is nodig om geestesgesondheidsorg vir kinders te verbeter, met slegs een uit tien wat hulp kry, en noem dit 'n menseregtekrisis. Met die viering van Menseregtedag blameer die organisasie onderbefondsing, 'n tekort aan spesialiste en beperkte fasiliteite. Renata Schoeman van die vereniging…
22 Mar 2AM 1 min