Wolvaardt trots op span ten spyte van nederlaag

Loading player...
Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, sê sy is baie trots op die span se vertoning in die Eendagreeks-Wêreldbeker vir vroue. Wolvaardt se onverskrokke 101 was egter verniet en die Protea-vroue het met 52 lopies teen Indië verloor in die eindstryd in Mumbai. Die Indiese vrouespan het met hul derde poging geseëvier nadat hulle in 2005 en 2017 naaswenners was. Wolvaardt sê dis nie lekker om aan die verloorkant te wees nie, maar sy is vol vertroue die ervaring sal die span sterker maak:
2 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump kondig nuwe oorlogskepe-plan aan

President Donald Trump van Amerika het aangekondig dat hy ʼn plan goedgekeur het wat die Amerikaanse vloot toelaat om twee nuwe oorlogskepe te bou. Die Trump Class USS Defiant-skepe sal deel vorm van ʼn opgeknapte "Goue Vloot" as teenvoeter vir China en ander teenstanders. Trump sê sodra dit voltooi is,…
23 Dec 4AM 1 min

Nog verdagtes ondervra oor DJ Warras-moord

Die polisie in Johannesburg het twee verdagte persone ondervra na die sluipmoord op die mediapersoonlikheid Warrick “DJ Warras” Stock verlede week in die middestad. Stock, 'n direkteur by Imperium Security, is buite die Zambezi-gebou doodgeskiet. Die polisie se woordvoerder, Athlenda Mathe sê die twee is vroeg vanoggend by 'n hostel…
23 Dec 3AM 1 min

Rehoboth-gemeenskap vra geen borg vir dwelm-aangeklaagdes

Lede van die Rehoboth-gemeenskap het Maandag by die landdroshof op die dorp betoog voordat twee vermeende dwelmhandelaars in die hof verskyn het. Die lede het ook 'n petisie by die polisie en die landdroshof ingedien dat borgtog vir alle verdagtes in dwelmverwante sake geweier word. Dit volg op die inhegtenisame…
23 Dec 2AM 1 min

Regte ingesteldheid kan padongelukke verhoed

Terwyl Namibiërs die paaie vir die feestyd aandurf, word motoriste aangespoor om algemene foute te vermy wat dikwels tot ernstige ongelukke lei. Aubrey Oosthuizen van Code Red Medical Services in Swakopmund en koördineerder van die Weskus-Veiligheidsinisiatief, het belangrike padveiligheidsadvies met Kosmos 94.1 Nuus gedeel om 'n veiliger feestyd te verseker.
23 Dec 1AM 1 min

Drie sterf in KZN-oorstromings

Die KwaZulu-Natalse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê rampbestuurspanne is op hoë gereedheid geplaas. Dit volg nadat stortreën tot oorstromings gelei het wat drie lewens geëis, en paaie en infrastruktuur beskadig het. Die drie slagoffers is dood nadat hul voertuig in Longacres Drive in Amanzimtoti meegesleur is. Die…
23 Dec 1AM 1 min