Woensdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
EFESIËRS 1

Lof aan God vir sy genade
3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. 5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. 6Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. 7Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God 8wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. 9Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak
29 Oct 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

GALASIËRS 5 1Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Die Christelike vryheid 2Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie…
10 Dec 1AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 10 7Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word…
9 Dec 1AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

MATTEUS 8 Die genesing van die offisier se slaaf (Luk. 7:1-10; vgl. Joh. 4:43-54) 5Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het 'n offisier by Hom hulp kom vra 6en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.” 7En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom…
8 Dec 1AM 11 min

Sondagoggend Erediens - Ds Johan Marais

PSALMS 13 Hoe lank nog, Here? 1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid. 2Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? 3Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer deurbring? Hoe…
7 Dec 2AM 24 min