Madlanga: Vuurwapen in Swart-moord onder die loep

Loading player...
Die nasionale ballistiese hoof van die polisie, Mishak Mkhabela, het aan die Madlanga-kommissie gesê die reeksnommer van 'n vuurwapen wat in die moord op die ingenieur Armand Swart gebruik is en waarvan die reeksnommer aanvanklik onleesbaar was, is later in 'n laboratorium in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal herwin. Mkhabela van die Forensiese Wetenskaplaboratorium in Silverton, Pretoria sê 'n tydlyn sal toon hoe vuurwapens wat in die Swart-saak gebruik is, met ander misdade verbind word. Hy het meer oor hulle reeksnommer-herwinning:
28 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vakbonde, GNU moet werkers beskerm

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering en vakbonde moet beslissend optree om werkers teen uitbuiting te beskerm, toegang tot veilige werk uit te brei; en gesondheid- en veiligheidstandaarde sonder kompromie af te dwing. Hy sê werkers mag nie hul lewens of lewensbestaan as gevolg van nie-nakoming verloor nie. Mashatile sê…
23 Mar 6AM 1 min

Verwoestende uitkoms as energieinstallasies aangeval word

Nie net is politieke alliansies in die Midde-Ooste in gedrang nie maar, inflasie, energie-waardekettings en olievoorsiening raak al hoe meer wankelrig met die oorlog tussen VSA en Israel en Iran. Die Britse militêre ontleder Sean Bell sê dat sou die VSA deurvoer met sy dreigemente om Iran se energiefasiliteite aan…
23 Mar 6AM 1 min

Bloedskenkers red 8 262 lewens sedert 1 Maart

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het tot dusver hierdie maand 8 262 lewens reeds gered deur bloedskenkings wat hy ingesamel het. Kosmos 94.1 Nuus het met die diens se woordvoerder, Frieda Vatileni-Asino, gepraat oor die belangrikheid van bloedskenkings.
23 Mar 6AM 1 min

Goud korrigeer, dollar versterk

Goudpryse het aan die einde van verlede week 'n dramatiese korreksie gesien, wat 'n wisselvallige lopie beëindig het wat einde Februarie begin het. Nadat dit op 2 Maart 'n rekordhoogtepunt van 5 435 Amerikaanse dollar per fynons bereik het vanweë toenemende spanning in die Midde-Ooste, het die mark sedertdien aansienlik…
23 Mar 6AM 1 min