Newsom het sy visier op die Withuis

Loading player...
Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het sy oog op die Withuis in 2028. Hy gee president Donald Trump baie gas aanlyn en het ‘n liefling van Demokrate in die VSA geword. Hy het met CBS Sunday Morning gepraat en sê hy wil eers verseker dat Demokrate beheer van die Huis kry in volgende jaar se verkiesings.
27 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nust bied PhD in voorsieningskettingbestuur aan

Nust het amptelik 'n doktorsgraad in voorsieningskettingbestuur bekendgestel, die eerste gevorderde graad van sy soort in die land. Die nuut geakkrediteerde program sal na verwagting in Mei 2026 begin. Senior vervoer- en logistiekdosent by Nust, Smart Dumba, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die graad daarop gemik is om…
23 Mar 10AM 1 min

NNN verduidelik skuif van stroomop-oliesektor, seuns in die bedryf

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het oor haar eerste 12 maande in die amp op die televisieprogram Agenda besin. Sy het ook die kommer oor die oordrag van die stroomop-oliemandaat na haar kantoor aangespreek. Sy het ook vrae geantwoord oor berigte dat haar seuns belange in die oliebedryf het. Sy het in…
23 Mar 10AM 1 min

Mynwerkersunie besorg oor werkverliese weens Iran-konflik

Die oorlog in die Midde-Ooste het veroorsaak dat sekere lande wat direk geraak word verhoogde grenssluitings en operasionele afskakelings van logistieke roetes ervaar. Daar is kommer oor werksekerheid. Cosatu het reeds in Suid-Afrika geëis dat die regering onmiddellike stappe doen om die samelewing te beskerm teen ekonomiese skokke. Kosmos 94.1…
23 Mar 10AM 1 min

Moenie rentekoers verhoog, smeek Cosatu

Die vakbondfederasie Cosatu het 'n beroep op die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee gedoen om nié die terugkoopkoers te verhoog wanneer hy Donderdag sy tweede rentekoersbesluit vir vanjaar neem nie. Ekonome sê vanweë die oorlog in die Midde-Ooste is dit is onwaarskynlik dat die Reserwebank die koerse sal opskuif. Die woordvoerder…
23 Mar 9AM 1 min

LIV Gholf beslis in 2027 weer in SA, sê hoof

Gholf: LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, sê die sukses van die naweek se eerste LIV-toernooi in Afrika het bevestig Suid-Afrika is die tuiste van ʼn lewendige gholf-kultuur, talent van wêreldgehalte, en ondersteuners wie se passie die spel ophef. Die Amerikaner Bryson DeChambeau het Jon Rahm van Spanje gister…
23 Mar 9AM 1 min