Steenhuisen juig oor ophef van Zim graaninvoer-verbod

Loading player...
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Zimbabwiese owerhede se besluit om die verbod op die invoer van mielies en ander graansoorte op te hef. Die minister beskryf dit as 'n belangrike stap in die rigting van die versterking van streeksvoedselsekerheid en ekonomiese samewerking. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê die landbousektor floreer op voorspelbaarheid en doeltreffendheid, en beperkende handelsmaatreëls lei té dikwels tot skeefgetrekte markte wat die verbruiker benadeel:
23 Oct 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog 'n Fishrot verlof om te appelleer-aansoek op pad

Regter Marelise du Plessis het vanoggend 'n aansoek om haar onttrekking in die voortgesette Fishrot-verhoor van die hand gewys. Die onttrekkingsaansoek is deur beskuldigde Sacky Shanghala gebring, met James Hatuikulipi en Mike Nghipunya as mede-aansoekers. Du Plessis het ook die versoek om uitstel van die verhoor van die hand gewys…
23 Mar 11AM 1 min

Nkosi getuig oor bande tussen 'Cat' Matlala, senior polisielede

'n Beampte van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid, Fannie Nkosi, het beweerde bande tussen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en senior polisielede by die Madlanga-kommissie uiteengesit. Nkosi beweer in 'n verklaring Matlala het loopbaanbevordering beloof, met verwysing na verbintenisse met die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en die nasionale polisiekommissaris Fannie…
23 Mar 11AM 1 min

Nust bied PhD in voorsieningskettingbestuur aan

Nust het amptelik 'n doktorsgraad in voorsieningskettingbestuur bekendgestel, die eerste gevorderde graad van sy soort in die land. Die nuut geakkrediteerde program sal na verwagting in Mei 2026 begin. Senior vervoer- en logistiekdosent by Nust, Smart Dumba, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die graad daarop gemik is om…
23 Mar 10AM 1 min

NNN verduidelik skuif van stroomop-oliesektor, seuns in die bedryf

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het oor haar eerste 12 maande in die amp op die televisieprogram Agenda besin. Sy het ook die kommer oor die oordrag van die stroomop-oliemandaat na haar kantoor aangespreek. Sy het ook vrae geantwoord oor berigte dat haar seuns belange in die oliebedryf het. Sy het in…
23 Mar 10AM 1 min