Israel sê Geregshof se beslissing is skandelik

Loading player...
Israel het die Internasionale Geregshof se jongste raadgewende mening verwerp en noem dit ʼn politieke dokument. Die hof sê in sy nie-bindende mening Israel is verplig om die lewering van die Verenigde Nasies en sy instellings se humanitêre hulp in die Gaza-strook te fasiliteer. Die doel is om in die basiese behoeftes van Palestynse burgerlikes te voorsien. Israel se ambassadeur by die VN, Danny Danon, sê die hof se mening is skandelik:
23 Oct 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog 'n Fishrot verlof om te appelleer-aansoek op pad

Regter Marelise du Plessis het vanoggend 'n aansoek om haar onttrekking in die voortgesette Fishrot-verhoor van die hand gewys. Die onttrekkingsaansoek is deur beskuldigde Sacky Shanghala gebring, met James Hatuikulipi en Mike Nghipunya as mede-aansoekers. Du Plessis het ook die versoek om uitstel van die verhoor van die hand gewys…
23 Mar 11AM 1 min

Nkosi getuig oor bande tussen 'Cat' Matlala, senior polisielede

'n Beampte van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid, Fannie Nkosi, het beweerde bande tussen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en senior polisielede by die Madlanga-kommissie uiteengesit. Nkosi beweer in 'n verklaring Matlala het loopbaanbevordering beloof, met verwysing na verbintenisse met die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en die nasionale polisiekommissaris Fannie…
23 Mar 11AM 1 min

Nust bied PhD in voorsieningskettingbestuur aan

Nust het amptelik 'n doktorsgraad in voorsieningskettingbestuur bekendgestel, die eerste gevorderde graad van sy soort in die land. Die nuut geakkrediteerde program sal na verwagting in Mei 2026 begin. Senior vervoer- en logistiekdosent by Nust, Smart Dumba, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die graad daarop gemik is om…
23 Mar 10AM 1 min

NNN verduidelik skuif van stroomop-oliesektor, seuns in die bedryf

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het oor haar eerste 12 maande in die amp op die televisieprogram Agenda besin. Sy het ook die kommer oor die oordrag van die stroomop-oliemandaat na haar kantoor aangespreek. Sy het ook vrae geantwoord oor berigte dat haar seuns belange in die oliebedryf het. Sy het in…
23 Mar 10AM 1 min