ANC looi DA oor swart ekonomiese bemagtiging

Loading player...
Die ANC sê die beleid oor breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie. Dit volg terwyl die DA beplan om ʼn Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal in te stel om SEB-wetgewing te vervang. Die party sê die wetsontwerp beoog om ʼn verkrygingstelsel te skep wat ware ekonomiese bemagtiging aanmoedig deur aansporings te bied vir tasbare ontwikkelingsuitkomste. ʼn ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu, sê die idee dat die DA in die toekoms ʼn Suid-Afrika sonder hervormingswette sien, moet uitgedaag word:
21 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog 'n Fishrot verlof om te appelleer-aansoek op pad

Regter Marelise du Plessis het vanoggend 'n aansoek om haar onttrekking in die voortgesette Fishrot-verhoor van die hand gewys. Die onttrekkingsaansoek is deur beskuldigde Sacky Shanghala gebring, met James Hatuikulipi en Mike Nghipunya as mede-aansoekers. Du Plessis het ook die versoek om uitstel van die verhoor van die hand gewys…
23 Mar 11AM 1 min

Nkosi getuig oor bande tussen 'Cat' Matlala, senior polisielede

'n Beampte van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid, Fannie Nkosi, het beweerde bande tussen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en senior polisielede by die Madlanga-kommissie uiteengesit. Nkosi beweer in 'n verklaring Matlala het loopbaanbevordering beloof, met verwysing na verbintenisse met die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, en die nasionale polisiekommissaris Fannie…
23 Mar 11AM 1 min

Nust bied PhD in voorsieningskettingbestuur aan

Nust het amptelik 'n doktorsgraad in voorsieningskettingbestuur bekendgestel, die eerste gevorderde graad van sy soort in die land. Die nuut geakkrediteerde program sal na verwagting in Mei 2026 begin. Senior vervoer- en logistiekdosent by Nust, Smart Dumba, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die graad daarop gemik is om…
23 Mar 10AM 1 min

NNN verduidelik skuif van stroomop-oliesektor, seuns in die bedryf

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het oor haar eerste 12 maande in die amp op die televisieprogram Agenda besin. Sy het ook die kommer oor die oordrag van die stroomop-oliemandaat na haar kantoor aangespreek. Sy het ook vrae geantwoord oor berigte dat haar seuns belange in die oliebedryf het. Sy het in…
23 Mar 10AM 1 min