Nuwe stelsel skep vragmotor orde op Walvis

Loading player...
Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het 'n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en die druk op plaaslike infrastruktuur te verminder. Tans ry tot 600 vragmotors daagliks deur Walvisbaai, 'n volume wat geweldige druk op paaie plaas en beduidende verkeers- en veiligheidskwessies veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dries Oberholzer van NKNO Fuels Namibia oor die inisiatief gepraat.
21 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Iran-oorlog: O wee vir rentekoerse

Suid-Afrika sal na verwagting Donderdag sy rentekoersbesluit aankondig, met ontleders wat geen rentekoersverlaging verwag nie te midde van onsekerheid weens spanning in die Midde-Ooste. Die land se repokoers staan tans op 6,75 persent, effens hoër as Namibië se 6,50 persent. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê inflasie sal waarskynlik onder die…
24 Mar 12AM 1 min

Savanna Beef uiters gewild op NSX

Die eerste handelsdag vir slagregte by Savanna Beef se nuwe uitvoerabattoir naby Okahandja was ’n reuse-sukses. Volgens Cirrus, wat die verhandeling bestuur, is 927 slagregte vir die eerste kwartaal teen 300 Namibiese dollar elk verkoop. Die belangstelling bly groot, met talle bestellings wat reeds ingestroom het vir die res van…
24 Mar 12AM 1 min

Oorlog in Midde-Ooste voorspel niks goed vir SA se groei nie

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die konflik in die Midde-Ooste het onsekerheid in finansiële markte geskep, wat 'n beduidende uitwerking op die wêreldekonomie sal hê. Dit volg op Iran se sluiting van die Straat van Hormuz waar ongeveer 20-persent van die wêreld se olievoorraad deurbeweeg. Die uitvoerende…
23 Mar 11PM 1 min

New York se LaGuardia weer oop vir vlugte

New York se LaGuardia-lughawe het heropen vir vlugte ná 'n voorval Maandagoggend Namibiese tyd waarin twee loodse gesterf het toe 'n Air Canada-vliegtuig teen sowat 160 kilometer per uur met 'n brandweerwa op 'n aanloopbaan gebots het. Die vliegtuig met 73 passasiers en vier bemanningslede aan boord het vanaf Montreal…
23 Mar 11PM 1 min