Vrydag Oggenddiens - Past Eugene du Randt

Loading player...
PSALMS 34
Die Here is naby
1'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.
2Ek sal die Here altyd weer prys,
sy lof sal altyd op my lippe wees.
3Ek sal die roem van die Here sing;
dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4Sing saam met my oor die grootheid van die Here
en laat ons saam sy Naam prys.
5Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord,
Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap,
hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7Ek is een van die ellendiges wat geroep het.
Die Here het gehoor,
uit al my benoudhede het Hy my gered.
8Die Engel van die Here slaan sy laer op
rondom dié wat die Here dien, en red hulle.
9Kom ondervind en sien self dat die Here goed is!
Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.
10Julle wat aan die Here behoort, dien Hom!
Wie Hom dien, het geen gebrek nie.
11Selfs leeus ly gebrek en kry honger,
maar wie die Here se hulp vra,
kom niks kort van al die goeie dinge nie.
10 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min