Alte Feste-restourasie sal N$60 miljoen kos

Loading player...
Restourasiewerk by die Alte Feste Museum is aan die gang en sal na verwagting binne die volgende jaar voltooi wees, ten spyte van die onttrekking van 'n Amerikaanse toelaag van 4 miljoen Namibiese dollar. Die projek word gelei deur die Namibia Craft Centre in vennootskap met die ministerie van kuns en kultuur. Die gebou, wat in 1890 gebou is, het uitgebreide skade gely as gevolg van waterindringing, stygende vog, termiete en algemene verrotting. Shareen Thude, hoofbestuurder van die Craft Centre, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die totale restourasiekoste op 60 miljoen dollar geraam word.
7 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Malariagevalle styg, 'mense ignoreer vroeë simptome'

Die gesondheidsministerie sê die onlangse toename in malariagevalle in die Zambezi-streek word vererger deur mense wat vroeë simptome ignoreer. Namibië het meer as 8 600 gevalle aangeteken, meestal plaaslik oorgedra, met 338 hospitalisasies en agt sterftes. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, gepraat, wat…
25 Mar 8AM 1 min

Tiger nog onseker oor Meesterstoernooi-deelname

Gholf: Die vyftienmalige major kampioen, Tiger Woods, sê hy is nog onseker oor sy deelname aan die Meesterstoernooi op Augusta. Die 50-jarige het 'n jaar lank herstel ná 'n Achilles-besering en het in Oktober verlede jaar 'n sewende rugoperasie ondergaan. Die vyfmalige Meesterskampioen het nog nie weer mededingende gholf op…
25 Mar 8AM 1 min

Pluimvee inligtingsdag Donderdag aangebied

Die Pluimvee-produsentevereniging gaan môre 'n inligtingsdag getitel "Alles oor pluimvee: van basiese beginsels tot besigheid" hou. Die vereniging moedig voornemende en bestaande pluimveeboere aan om dit by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibië Landbou-unie se landbou-ekonoom Leigh Anne Nehoya gepraat, wat meer inligting gee.
25 Mar 6AM 1 min

Eskom-doelwit is om ladingvermindering teen einde 2026 uit te skakel

Die minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê sy departement het in samewerking met Eskom, 'n gestruktureerde program ontwikkel om ladingvermindering uit te skakel. Ramokgopa sê ladingvermindering word nie gedoen weens 'n tekort aan opgewekte krag nie, maar 'n as 'n maatreël om die netwerk plek-plek te beskerm wanneer…
25 Mar 6AM 1 min

Koedoe sê reaksie op oorlog sal Brics negatief raak

Die Verenigde Arabiese Emirate het 'n leidende rol gespeel in die veroordeling van Iranse optrede in die Straat van Hormuz, deur saam met Westerse vennote op te tree en homself van ander Brics-lede se standpunte oor hierdie kwessie te distansieer. Sommige Brics-lede, soos Suid-Afrika, China en Brasilië, bly meer neutraal…
25 Mar 6AM 1 min