Nanso reageer op haglike koshuis video

Loading player...
'n Video sirkuleer op sosiale media wat die vervalle toestand van die !Oe#Gab Laerskool in die Erongo-streek illustreer. Twee-honderd-nege-en-sewentig leerlinge was Vrydag huis toe gestuur weens 'n sanitasiekrisis by die skool. Sestien leerlinge is met erge diarree en braking in die Usakos Staatshospitaal opgeneem. Een van hulle is in 'n kritieke toestand en die res is reeds ontslaan. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorthea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso.
7 Oct 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nog donderstorms tot die naweek op pad

Meer donderstorms kan verwag word oor die sentrale en suidelike dele van die land vir die res van die week tot die naweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, meteoroloog by die Windhoek weerkantoor gepraat.
25 Mar 10AM 1 min

Regering 'beplan landelike internet-uitbreiding, Starlink nie nodig'

Eerste Minister Elijah Ngurare het die regering se besluit om Starlink se aansoek om in Namibië dienste aan te bied te weier, verdedig. In antwoord op vrae in die parlement het Ngurare gesê die besluit is geneem volgens die eienaarskapswette waaraan enigiemand wat in die land wil opereer, moet voldoen…
25 Mar 10AM 1 min

Dis tyd dat SWATF-veterane ook voordele ontvang: ontleder

Die debat oor vergoeding en die insluiting in veteranevoordele vir voormalige SWATF-lede het weer opgeduik. Die groep het 'n petisie by die lynministerie ingedien en eis formele erkenning en gelyke behandeling van beide die regering en internasionale liggame. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê…
25 Mar 10AM 1 min

Groot stormskade op Grootfontein, TyreMax se dak af

Groot skade is in Grootfontein aangerig toe 'n hewige donderstorm met hael en sterk wind die dorp Dinsdag getref het. Van die woonbuurte het 86mm in een uur ontvang. TyreMax se dak het afgewaai en op die vragmotor-parkeerterrein by Engen te lande gekom. Die munisipaliteit het die skade bevestig en…
25 Mar 9AM 1 min