Dinsdag Oggenddiens - Past Eugene du Randt

Loading player...
PSALMS 103
Onverganklik is die liefde van die Here
1Van Dawid.
Ek wil die Here loof,
met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
2Ek wil die Here loof
en nie een van sy weldade vergeet nie.
3Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
4wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon,
5wat my die goeie in oorvloed laat geniet,
my die jeugdige krag van die arend skenk.
6Die Here laat geregtigheid en reg geskied
aan almal wat verdruk word.
7Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak,
aan Israel wat Hy van plan was om te doen.
8Barmhartig en genadig is die Here,
lankmoedig en vol liefde.
9Hy sal ons ons sonde nie bly toereken
en nie vir ewig toornig bly nie.
10Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,
vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,
11want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,
so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.
12So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
13Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.
14Hy weet waarvan ons gemaak is,
Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.
7 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min